Skip to content
Menu

Vanoggend, 12 November, se erediens sentreer om die viering van die Heilige Nagmaal en daarvoor word                     2 Korintiërs 4:1 tot 6 gelees met die klem op vers 6. Die tema van die erediens is : “Vrymoedig aan die Nagmaalstafel vanweë God se magtige en ingrypende daad.”

God het die lig van die evangelie oor my laat skyn en daardeur verdryf God die ware duistenis in my.

U kan die volledige preekskets lees deur te klik op “Sketse” op die voorblad van ons webwerf.

Ons sing vanoggend Psalm 149:1 en 2; Psalm 65:4 en 5; Psalm 23:1 en 2; Psalm 116 verskeie verse (tydens die nagmaalbediening) en Skrifberyming 17-2:1 en 2.

U kan saam met ons deel hê aan die erediens deur hieronder op die videoweergawe of op die voorblad op “oudio” te klik.