Ons program vir 2018 (kalender) is beskikbaar in die vakkies in die kerkgebou.
U kan ook die jaarprogram te lese kry deur op “Kalender” op ons webwerf se voorblad te klik.
Die eerste aksie waar lidmate sosiaal bymekaar gaan kom, vind op Sondag 4 Februarie plaas waartydens ‘n aantal wyke bymekaar gaan kom – ‘n aksie wat elke maand gaan plaasvind maar telkens met ander wyke.
Die eerste groot aksie is die Afskopfunksie op 25 Februarie en dit val saam met die eerste viering van die Heilige Nagmaal op daardie dag.