Die Skriflesing vir vanoggend 28 Januarie se erediens is Johannes 1:9 tot 14 en Numeri 14:1 tot 38 met Numeri 14 vers 10 as teksvers. Aan die hand van dié Skriflesing is dr Douw se tema vir die erediens :“God voer sy verlossingswerk kragtig deur. Vertrou Hom en neem wat Hy gee.”
- Om nie te neem wat God gee nie
- Om werklik die Here se heerlikheid te ken
- Om in vertroue te neem wat God gee.
Die preekskets word volledig gegee deur op die skakel “Sketse” op ons voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Lied 241 :1 en 2 (uit Die Liedboek van die kerk); Psalm 104:1, 19 en 20; Psalm 103:2 en 7 en sluit af met Skrifberyming 4-8: 1 en 2. Die tussenspel tydens die opneem van die kollekte is ‘n verwerkin g van psalm 104 getiteld “Dit is die dag dien God ons schenkt” deur die komponis Feike Asma.
Soos met elke erediens wat uitgesaai word, is u hartlik welkom om deel te hê daaraan deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik.