Vanoggend 30 Maart se erediens is ‘n diens saam met ons buurgemeente, die GK Pretoria Alkantrant, en vind hierdie jaar in ons kerkgebou plaas.
Die Skriflesing vir die diens , is Genesis 3:1 tot 10; Johannes 19:1 tot 27 en Openbaring 7:9 tot 17 met Johannes 19:24d as teksvers. Die tema is : ” Nooit weer tot skande nie ……..”
Die volledige preekskets vind u onder “Sketse” op ons voorblad.
Ons sing vanoggend Skrifberyming 12-3; Psalm 4:2 en 3; Psalm 73:2, 4 en 7 en Skrifberyming 18-1:s4 (brs.), 5 (srs) en 6 (almal).
U kan op hierdie besondere dag saam met ons deel neem aan die erediens deur vir die videouitsending hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik. Die oudiouitsending vind u deur op ons voorblad op “oudio” te klik.