Die Skriflesing vir vanoggend 6 Mei se erediens is Johannes 17 met vers 24 as teksvers. Die tema van die erediens is:“Beslis dan, maar ook nou deel ek in die heerlikheid van God se Geliefde.”
U vind dr Douw se volledige preekskets in hierdie webwerf deur te klik op Sketse op die voorblad.
Ons sing vanoggend Psalm 29:1,3 en 5 (omdigting); Psalm 42:1 en 43:2 (omdigting); Psalm 124:1,2 en 3; Psalm 146:8 (na die doop) en Skrifberyming 18-6: 1(almal saam), 2 (broeders), 4(susters) en 5(almal saam).
U word hartlik uitgenooi om in te loer via die videouitsending en sodoende deel te neem aan die erediens. Die oudiouitsending is ook beskikbaar (klik op oudio boaan die voorblad van ons webwerf)