Skip to content
Menu

Dr Douw se tema vir Sondagoggend 5 Augustus se erediens is :“In die woestyn, gelowige? God voed jou met hemelse voedsel” en die Skriflesing daarvoor is Psalm 63. Die teksvers is vers 6a.

  • Nie krummels in die woestyn nie, maar hemelse voedsel !
  • ‘n Hemelse voedsel, die skaduwee van God se vleuels.
  • Neem die hemelse voedsel, Gelowige !

U kan die volledige preekskets lees deur te klik op Sketse op ons webwerf se voorblad.

Ons sing vanoggend Psalm 148:1,2 en 3(omdigting, vooraf); Psalm 66:2 en 7 na die groetseën; Psalm 25:4 en 7 na die wet; en Psalm 91:1 en 8 en Skrifberyming 14-2 direk daarna na die liefdegawe. Ons sluit af met een van die Amens in die Psalmboek.

U word hartlik uitgenooi om deel te neem aan die erediens hetsy deur die videoweergawe of die oudioweergawe!