Die Skriflesing vir vanoggend 16 September se erediens is 2 Korintiërs 8:1 tot 15 en 9:1 tot 15 met 8:1 as teksvers.
Die tema vir vanoggend se diens is : “Die verandering wat God se genade in my bewerk, dra ook ander vrugte”. ‘n Volledige preekskets vind u onder “Sketse” op ons voorblad.
Ons sing vanoggend Psalm 149:1 en 2; en weer Psalm 149 maar met verse 3 en 4; Psalm 9:9,10 en 12 en Psalm 112 se omdigting verse 1,2 en 3 (met beurtsang).
U word weereens hartlik uitgenooi om deel te neem aan ons erediens deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik.