Skip to content
Menu

Die Skriflesing tydens vandag, 16 Desember, se erediens is Daniël 1:1 tot 21  met die klem op verse 2(a), 9, 17 en 21. Die tema van die erediens is:“God staan aan stuur van sake ooreenkomstig sy raadsplan”.

  • Die toneel van Daniël 1 en kennismaking met agt karakters.
  • Die toneel van Daniël 1 en die bekendmaking van die Here wat aan stuur van sake staan.
  • Die troos van kennismaking en bekendmaking in die toneel van Daniël 1,

U vind die volledige preekskets as u klik op “Sketse” op ons voorblad .

Ons sing vanoggend Skrifberyming 2-2:1 en 2; Psalm 99:1,4 en 5; Psalm 33:1,5 en 6 en Psalm 98:1 en 2.

Ons verwelkom graag ds.Eddie Tiemansma, emerituspredikant van die GK Kemptonpark wat die erediens lei. Dr. Douw is tans met vakansie.

U is welkom om deel te neem aan die erediens deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik.