ONTHOU 24 FEBRUARIE
Hoekom?
Want dis Nagmaal en Nabetragting
En
DIE GROOT SKOP!
Wat word geskop?
Die jaar. Ons skop die jaar af. Mens noem dit afskop.
Het jy iets waarmee jý kan afskop? ‘n Talent wat jy in die afskop kan inskop? Kan jy sing? Klavierspeel? ‘n Ander instrument? Stories vertel?
Moenie skaam wees nie, kom skop jou gawe in die afskop.
Laat weet vir Grandi (082 563 2123 ) of Nienke (083 398 9080) as jy kan skop.
Die wat nie kan skop nie, is ook welkom. Iemand moet mos kyk hoe skop iemand.
Ons gaan eet ook!
BRING SAAM: Eie eetgerei en drinkgoed. Dieselfde prosedure as elke jaar!
——————————————————————————————
Vul asb. die strokie in en plaas vandag in die kollekte sakkie:
Ek/Ons (Naam en van) ……………………………… woon graag die afskopfunksie by.
Aantal Volwassenes…………………………Aantal Kinders……………………….
Ek gaan my gawe kom aanwend, ter wille van die samesyn van die gemeente. My gawe is: …………………………………. bv. sing/ voordrag/ instrument speel/storie vertel, ens.
ASSEBLIEF!!! Kom skop jou gawe in.