Skip to content
Menu

Die Skriflesing tydens vanoggend 24 Maart se erediens is Lukas 17:11 tot 19 met die klem op verse 16 en 19. Die tema is soos reeds aangedui.

Ons sing vanoggend Psalm 84:1,2 en 3 (vooraf); Psalm 98:1 en 3; Psalm 42:7 en Psalm 103:1, 2 en 3.

Vanoggend en vanaand se eredienste word gelei deur proponent Juan Mienie.

U word hartlik uitgenooi om na ons eredienste in te loer of in te luister. Vir die inloerdery kan u hieronder klik op die driehoekie of YouTube en vir die inluistery kan u klik op Oudio op ons voorblad.

Ons bied graag ons verskoning aan vir die klankkwaliteit van die uitsendings die afgelope tyd. Dit spruit voort uit tipiese tegnologieprobleme.