Lees: Psalm 19 &Belydenis: Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 2
Teks: Psalm 19:15
ONS KENNIS VAN GOD
1. Die skoonheid van die natuur (vers 1-7)
In digterlike taal word die skepping deur koning Dawid beskryf. ‘Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend.’ Die taal van die natuur is onhoorbaar. In stilte gebeur alles soos wat die Here dit wil. Die mens staan verwonderd voor die skoonheid daarvan.
2. Die waarheid van die Woord (vers 8-11)
In ses frases word die Woord van die Here beskryf – dit is volmaak; dit is gewis; dit is reg; dit is suiwer; dit is rein; dit is waarheid. Die Woorde van die Here is begeerliker as goud en soeter as heuning. Die Woord van die Here is Jesus Christus, die Woord wat vlees geword het. Al hierdie woorde beskryf presies wie Hy is.
3. Die goedheid van die geregtigheid (vers 12-15)
Ons leer God ken deur sy natuur en sy Woord. Ons sien sy goedheid daarin. Juis daarin dat ons hierin mag deel. Dit kan net deurdat ons regverdig is voor God. Net deur geloof leer ons die Here ken en geloof kom deur geregtigheid. Daarom sing ons saam met koning Dawid – Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart aanvaarbaar wees voor u aangesig, o Here, my rots en my verlosser!