Skip to content
Menu

Lees: 1 Timoteus 2:1-7

  1. Wat behels dit om ‘n biddende kerk te wees?
  2. In vers 1 praat Paulus van 4 soorte van gebede – smekinge, gebede, voorbidding en dankgebede. Waarom sou hy die onderskeid gebruik? (Vgl Fil. 4:6 en Ef. 6:18)
  3. Hoe bid jy vir alle mense? Hoe bid jy vir jou vyande? Hoe bid jy vir die mense wat in ons tyd hoë posisies beklee? Vergelyk ook met Romeine 13:1-5 en Jeremia 29:4-7.
  4. In vers 1 en in vers 4 word daar na ‘alle mense’ verwys. Wat is die verband tussen die twee verse?
  5. As God wil dat alle mense gered word, waarom word alle mense dan nie gered nie? (vers 4)
  6. Wat is die verhouding tussen Christus as Middelaar en ons gebede?
  7. Waarom plaas Paulus in hierdie gedeelte, waar hy voorskrifte gee oor die gebed, die aandag so doelbewus op die waarheid? (vers 4,7)
  8. Gebed is die asemhaling van die gelowige. Hoe ervaar jy dit in jou daaglikse geloofslewe?