Lees: Johannes 16:5-15 & Markus 1:1-8 Teks: Markus 1:4 Sing: Ps. 107:1,4,10; Ps. 51:1,3,5; Ps. 51:8; Sb. 2-4:1,2,3.
‘…so het Johannes gekom. Hy het in die woestyn gedoop en ‘n doop van bekering met die oog op die vergewing van sondes verkondig.’
DIE WATER IS DIEP
Die doop van Johannes
Die doop is ‘n belangrike deel van ons lewens. Dit is ‘n aktuele saak. Veral in die christelike kerke vandag. Dit is ‘n tema waaroor ons gereeld verskil. Aan die een kant is daar mense, wat graag vir ‘n tweede keer gedoop wil word, omdat hulle ‘n geloofsvernuwing, verdieping of ervaring in hulle lewens gehad het. Dit is bekend binne ons eie omgewing. Die doop is nie teken van die verbond nie, maar teken van jou geloof. Aan die ander kant is daar in Rooms Katolieke kring, selfs mense wat hulle wil laat ontdoop. Hulle wil nie meer langer deel wees van dié kerk nie.
Bedreigend
As ons teruggaan na die bron van die doop, kom ons by Johannes die Doper. Dit is die eerste waar ons in die Bybel lees van die doop. Vir die mense sou dit ‘n vreemde verskynsel wees. ‘n Onbekende water seremonie. Dit sou lyk soos ‘n reinigingsritueel, maar dit was tog heel anders. Die doop het ‘n bedreigende karakter. Die doop is ‘n verdrinkingsdood. Die letterlike betekenis van die Griekse woord vir doop baptizo sluit hierby aan. Die doop is ‘n skokkende ervaring, ‘n konfronterende gebeurtenis. Die water is diep.
Van die kwaad bewus
Johannes openbaar dat iets nuuts aan die kom is. Die Messias is oppad. Daar breek ‘n nuwe periode aan in die geskiedenis van God se volk. Die groot vraag is of die volk daarvoor reg is. Die pad vir die Here moet gereed gemaak word, maar is daar wel ruimte vir Hom? Johannes kom met ‘n klinkklare oproep: Laat julle doop. Kom tot inkeer. Ontvang vergewing van die sondes.
‘n Opwekking deur die Gees
Of jy nou as kind of volwassene gedoop is – die doop beteken vir ons ‘n diepgaande lewensverandering. Elke keer as ons sien dat dit gebeur, moet dit ons tot stilstand bring. Dit moet ons opwek tot nuwe gehoorsaamheid. Om gedoop te wees beteken soveel. Die doop trek ‘n kruis deur ons eie lewens. Die doop is ‘n frontale aanval op eie ego’s. Deur die Gees dryf die doop ons in die arms van ons Here Jesus Christus. As jy saam met Hom sterf, kan jy lewe.
DIE TEKEN VAN DIE CHRISTELIKE KERK
- Die water is diep (Markus 1:1-8)
- Die doop van Jesus (Markus 1:9-11)
- Die sonde is verlede tyd (Romeine 6:1-6)
- God se goedheid in die doop (Titus 2&3)
- Die doop as God se liefdesverklaring (1 Johannes 4)
- Oor verbond en doop (Genesis 15)
- Gedoop in die Naam van Jesus Christus (Mattheus 28)
- Deur die Gees in een liggaam gedoop (1 Korinthiërs 12)