Skip to content
Menu

1 Petrus 2:1-10

‘Kom na Hom toe, die lewende klip, wat wel deur mense afgekeur is, maar voor God uitverkore, en vir Hom kosbaar is; en laat julle as lewende klippe opbou tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat, deur Jesus Christus, vir God aanneemlik is.’

Uitverkore priesters in die wêreld

Wat is ‘n priester? Petrus gebruik die woord ‘n aantal kere in die tweede hoofstuk van sy brief. Maar wat is ‘n priester nou presies? As ek die woord priester hoor dan kom daar by my ‘n paar voorbeelde na bo. Dan dink ek aan die priesters wat in die tempel van die Here gedien het in Israel. Of aan die priesters in die Rooms Katolieke kerk. Vandag gaan hulle daar voor in hulle dienste. Hulle bring offers daar en hulle dra spesiale klere. Maar die priesterskap waarvan Petrus praat is andersoortig as dié. Vir Petrus is elkeen wat glo in God, elkeen wie deur Hom uitgekies is, ‘n priester. Dit sluit die gemeentes in aan wie hy sy brief skryf, asook ons. Priester wees roep baie vra op. Is ek regtig ‘n priester?

Wat beteken dit vir my om ‘n priester te wees? Wat hou dit in? en hoe word jy ‘n priester? Ek dra tog nie ‘n besondere kleed nie, en ek bring ook nie offers êrens in ‘n tempel nie. Petrus gebruik ‘n abstrakte beeld. Hy praat met lang sinne, wat nie altyd baie eenvoudig is nie. Maar tog is dit baie belangrik. Want Petrus raak die kern van ons geloofslewe aan. Daarom is dit belangrik om goed te verstaan  wat die Here vir ons hier in sy Woord sê. Oor ons priesterskap. Priesterskap is in ons leefwêreld ‘n vreemde verskynsel. En tog is ons priesters. ‘n Uitverkore geslag, ‘n heilige priesterdom. Ons is priesters in hierdie wêreld. As christen is jy heilig voor God. Jy is afgesonder vir Hom. Jou lewe behoort nie aan jou of aan iemand anders nie, maar aan die Here. Of jy dit nou wil of nie, as kind van die Here is jy sy priester.

Priesters deur Jesus Christus

Die priesters in die Ou Testament het ‘n besondere rol gehad. Hulle het namens die volk tot die Here genader en vir Hom offers gebring. Ons sluit aan by die priesterskap van die Israeliete. Petrus sê dat ons priesters is. Alhoewel ons nie voldoen aan die vereistes om ‘n priester te word in die Ou Testament nie, word ons priesters deur Jesus Christus. Elkeen wat in Hom glo, wat deur Hom uitgekies is word ‘n priester. Omdat jy gered is deur Christus die hoëpriester, behoort jy aan Hom en daarom is jy ‘n priester.

Priesters vir Jesus Christus

Ons word priesters deur Jesus, maar terselfdertyd is ons ook priesters vir Hom. Ons priesterskap vir Hom hou twee gedagtes in. Die eerste is dat ons saam ‘n geestelike huis vorm. As gemeente verrig ons, ons dienswerk saam as geestelike huis, as liggaam van Christus. Tweedens is elkeen van ons ‘n lewende steen in die huis. Elkeen van ons word opgeroep om jou dienswerk as priester in die huis van die Here te verrig.