Skip to content
Menu

Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.

Vooraf:

LB 344:1,2 en 3  “O die goeie tyding”

LB 358:1,2 en 3  “Somer Kersfees”

LB 348:1,2 en 3  “Stille nag”

Liturgie:

Votum en seëngroet

Ps. 146-1:1,3

Gebed

Ps. 146-1:4,8

Lees:   Lukas 2:1-20, Psalm 146

Teks:   Psalm 146:2 – ‘Ek wil die Here prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.’

Woordverkondiging

Sb. 4-6

Gebed

Offergawes     

Ps 48-1:1,5

Slotseën

‘Ek wil die Here prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.’

HALLELUJA – LOOF DIE HERE

Psalm 146 is vir ons ‘n bekende lied. Sekerlik een van die bekendstes in ons kerke in Suid-Afrika. Dit is vol van lofprysing en dankbaarheid. Dit is ryk aan God se beloftes en dit gee diepe troos in ons daaglikse nood. Die psalm sing van die eer aan God. Dit is een van die Halleluja Psalms. Ons kry ‘n paar van hulle in die einde van die Psalmboek. Elkeen begin met die woord – Halleluja. Dit beteken – loof die Here. Hierdie uitroep raak jou hele lewe. Met jou hart en siel – Here ek wil U prys solank ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank ek daar is. (vers 2) In besonder doen ons dit op hierdie dag. Die dag wat ons die geboorte van Jesus Christus herdenk. Die dag van Christusfees. Ons gedagtes gaan van Psalm 146 na Lukas 2. Ons sluit aan by die leërskare van engele wat God prys en sê: ‘Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae.’ Vandag loof ons die Here omdat Hy sy Seun, vir ons gegee het. Sy Seun het mens geword. Op die dag het die geskiedenis van die mensdom sy klimaks bereik. Vandag nog praat ons van of voor Christus of na Christus. Nie net ons nie, die hele wêreld. Ook hulle wat nie in Jesus Christus glo nie. Ook hulle leef volgens sy tyd en jaartalle. Die profesie in Jesaja 7:14 kom in vervulling – ‘Daarom sal die HERE self aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immanuel noem.’

Loof Hom vir wie Hy is

Vandag leef ons in ‘n tyd wat mense nie meer weet waaroor hierdie dag gaan nie. Mense vier die geboortedag van Jesus Christus, maar hulle weet nie wie Hy is nie. Wie is Hy? Jesaja profeteer alreeds in die Ou Testament oor Hom. Met ‘n paar kragtige woorde beskryf Hy wie Jesus Christus is. Hy is – Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.’ Hy is Immanuel – God met ons.

Loof Hom vir wat Hy doen

Wat doen Jesus Christus? Waarom is Hy gebore? Hy het gekom om ons te kom red. Daarvoor moes Hy die hemelse heerlikheid verlaat om hier op die aarde te kom woon. Hy is gebore sodat Hy ons plek kan inneem, sodat ons gered kan word. Dit is die grootste liefdesdaad in die geskiedenis. Daarom sing ons met passie en oorgawe op hierdie dag: Halleluja – Loof die Here!