Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.
Skriflesing: Hebreërs 13:7-16 Sing: Psalm 24, v. 1, 2, 3 & 5; Psalm 24, v. 1, 2, 3 & 5; Psalm 64, v. 1, 3, 6 & 7; SB 9, v.1, 2 & 3.
Ons godsdiens bly gefokus op ons enigste Middelaar, ons Here Jesus-Christus
- Christene lewe nie hul geloof in isolasie nie, maar ook in verbondenheid met geslagte gelowiges uit die verlede. Die Skrif leer ons dwarsdeur dat die uitleef hiervan nie minder belangrik is as die geestelike band wat ons aan medegelowiges uit die hede verbind. Deur die eeue bring die Here ‘n volk tot stand en bind elke geslag met die volgende een deur Sy Gees: so ontstaan ‘n Verbondsvolk wat eendag deur die ewige God in sy onverganklike Ryk verenig gaan word (vers 7).
- Hierdie geestelike band wat deur die eeue voortgaan en groei is alleenlik moontlik gemaak deur die feit dat Jesus Christus dieselfde is gister, vandag en tot in ewigheid (vers 8).
- Daarom dat geen vreemde leer wat Jesus-Christus as ons enigste Middelaar en Hoëpriester sou probeer vervang, ontvang en gevolg mag word nie (vers 9-12).
- So is ons oppad – saam met alle geslagte gelowiges uit die verlede, hede en toekoms – na die hemelse stad toe, en bring aan God die enigste godsdiens wat vir Hom aanneemlik is: ‘n lofoffer wat in weldadigheid en mededeelsaamheid uitvloei (vers 13-16).