Skip to content
Menu

In die boek Haggai sien ons ’n volk wat uiterlik aan die Here behoort, maar innerlik nog terughou. Die ruïnes van die tempel word ’n sigbare teken van die toestand van hulle harte: God se huis lê verlate, want sy belange is nie vir hulle prioriteit nie. Hoewel die volk ná die Here se vermaning begin bou het, bly hulle gou weer moedeloos en halfhartig. En wanneer Haggai en Sagaria gelyktydig profeteer, word dit duidelik: Israel het nog nie volkome aan die Here oorgegee nie.

Op ’n feesdag wanneer die fondament van die tempel weer gelê word, gebruik die Here die oomblik om sy volk te onderrig. Hy vra die priesters oor heiligheid: Is heiligheid oordraagbaar? Hul antwoord is nee. Onreinheid daarenteen versprei maklik. En hiermee tref die Here die volk tussen die oë: “So is hierdie volk.” Hulle, wat geheilig moes wees, het eerder geword soos die nasies rondom hulle — algemeen, alledaags, besmet.

Hulle offers, hoe godsdienstig ook al, kan nie hulle innerlike onreinheid bedek nie. Hulle het gereken dat uiterlike godsdienstigheid genoeg is. Maar die Here eis ’n hele hart. Al lê hulle die fondament van die tempel, bly dit nutteloos as hulle nie innerlik aan Hom toegewy is nie. Want heiligheid is God se werk — iets kosbaar en besonder — maar onheiligheid lê altyd op die drumpel.

Net Christus kan rein maak. Hy alleen, volkome heilig, het al ons onreinheid op Hom geneem. Daarom bou die kerk vandag aan ’n ander tempel — ’n innerlike tempel van toegewyde lewens. Ons kan nie ’n onheilige lewe leef en dit met ’n bietjie godsdienstigheid probeer verbloem nie. Die Here roep ons tot volle afsondering, ware toewyding, egte heiligheid. En soos Hy vir Israel sê: “Van nou af sal Ek julle seën.” So belowe Hy ook vir ons seën wanneer ons in Christus afgesonder leef, geheel en al vir die Here.

    Ontmoetingsdiens1. Votum en Seëngroet 
2. Psalm 121:1 tot 3
3. GeloofsbelydenisApostolies
  Versoenings-en verootmoedigingsdiens  
4. Die Wet van die HereEksodus 20 (1953)
5. Psalm 86:1,3 en 6
6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) 
    Woorddiens  
7. Psalm 142:1,2,3 en 5
8. SkriflesingHaggai 2:10-19
9. Belydenis 
10. FokusverseHaggai 2:12-13; 19
  
Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens)11.    
  Antwoorddiens 
12. Psalm 145:1,2,5,8 en 11
13. Gebed 
Kollekte
14. Psalm 93:1 tot 3
15. Wegstuurseën