Skip to content
Menu
Abraham het op die harde manier geleer dat hy werklik op God moet vertrou. En nou, nadat die belofte van‘n nageslag uiteindelik in Isak vervul is, nóú eis God iets wat amper te veel voel. Die worstelstryd waardeur hy gaan is iets wat ‘n mens jou net kan voorstel. Boonop moet hy in sy gemoed die gedagte van God se belofte van ‘n nageslag verwerk en verstaan. Dit voel soos ‘n massiewe teenstrydigheid: In Isak sal sy nageslag uitbrei en vermeerder. Maar as hy vir Isak gaan offer – dan is daardie beloftes van God daarmee heen. Dit kan tog nie…Waar God dan nou vir Abraham op die proef stel, is dit ‘n toets dat hy aan die beloftes oor Isak, sowel as die opdrag wat hy ontvang het, moet vashou. Artikel 20 van die Nederlandse Geloofsbelydenis verwoord iets hiervan, die eienskappe van God wat vir ons soms soos ‘n groot teenstrydigheid klink – sy regverdigheid en sy barmhartigheid. Regverdigheid: Die sonde wat teen sy majesteit gepleeg is, moet gestraf word. Barmhartigheid: dat Hy vergewe en in genade aansien.

NGB artikel 20

Artikel 20:      Ons glo dat God, wat volkome barmhartig en regverdig is, sy Seun gestuur het om die natuur waarin die ongehoorsaamheid begaan is, aan te neem. Hy moes in die menslike natuur aan die geregtigheid voldoen en die straf vir die sondes deur sy allerbitterste lyding en sterwe dra. So het God sy regverdigheid teenoor sy Seun betoon toe Hy ons sondelas op Hom gelê het, en so sy goedheid en barmhartigheid uitgestort oor ons, wat skuldig was en die ewige vervloeking verdien het. Hy het immers sy Seun deur die mees volmaakte liefde vir ons in die dood gegee, en Hy het Hom tot ons regverdiging opgewek, sodat ons deur Hom die onsterflikheid en die ewige lewe kan hê.

Datum:                                  25 Januarie 2026    

Tyd:                                        17:30
Prediker:                               Ds. JL Lee

Spesiale notas:                   Alle berymings is vanuit die 1936-psalmboek. 

  Ontmoetingsdiens1. Votum en Seëngroet 
2. Psalm 99:1,2 en 5
  Versoenings-en verootmoedigingsdiens   
 
6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) 
    Woorddiens  
7. Psalm 125:1,2,6 en 7
8. SkriflesingGenesis 22:1-19 Hebreërs 11:17-19
9. BelydenisNGB artikel 20
10. FokusverseGenesis 22:8 en 14
 11.
Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens)12.  
  Antwoorddiens 
13. Skrifberyming 10-2
13. Gebed 
Kollekte
14. Psalm 105:1,4 en 6
15. Wegstuurseën