Skip to content
Menu

n die Saligsprekinge leer Jesus ons hoe ’n Koninkryksburger lyk.

Hy stel ons as’t ware voor die profiel van die koninkryksburger; wat direk teenoor die sekulêre wêreldkultuur staan.

En in hierdie inleidende preek leer ons die belang van twee besondere begrippe:

Eerstens: Die KONINKRYK van God. Wanneer Jesus die dissipels van die koninkryk leer; begin Hy nie deur eers vir hulle te vertel wat die koninkryk is nie; want dit is ’n begrip wat elkeen van hulle reeds mee vertroud sou wees. Tog moet ons mooi verstaan wat die koninkryk is; en wat die koninkryk vir ons beteken – voordat ons aangaan met die saligsprekinge. Die koninkryk gaan oor die feit, terrein en wyse van Christus se regering.

Tweedens moet ons die begrip ‘salig’ verstaan. Dit is nie net sommer bly of gelukkig nie – dit is die hoogste vorm van geluk, van vrede en van die nabyheid van God in ons lewens – ja as’t ware die realisering van die koninkryk van God oor ons doen en late.

Daarom – wanneer ons na die Saligsprekinge kyk; dan leer die Here ons dadelik dat diegene wat Hy deur sy bloed gekoop het; wat dus koninkryksburgers is, salig is – belangrik: hoe hul lewens voor sy aangesig lyk.

Met die saligsprekinge wys Jesus vir ons hoe die lewe van ‘n dissipel van Christus behoort te lyk. Dit is ook verder belangrik om die volgende dinge in gedagte te hou:

  • Jesus identifiseer nie verskillende klasse gelowiges met die saligsprekinge nie. Elke Christen behoort hierdie eienskappe te openbaar.
  • Verder moet elke gelowige ELKEEN van hierdie karaktertrekke openbaar.
  • Ons moet besef dat dit deur genade ons geaardheid word; dat dit nie natuurlik kom nie
  • En dat ons as gelowiges tot ‘n heel ander ryk as die ongelowiges behoort.

Ja, Jesus vernuwe ons daagliks sodat ons hoe langer hoe meer sy beeld sal vertoon.

Datum:                                  25 Januarie 2026

Tyd:                                        09:00
Prediker:                               Ds. JL Lee

Spesiale notas:                   Alle berymings is vanuit die 1936-psalmboek. 

    Ontmoetingsdiens1. Votum en Seëngroet 
2. Psalm 146:1, 2 en 8
3. GeloofsbelydenisNicéa
  Versoenings-en verootmoedigingsdiens  
4. Die Wet van die HereEksodus 20 (1953)
5. Psalm 1: 1 en 2
6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) 
    Woorddiens  
7. Psalm 75:1,2 en 4
8. SkriflesingMatteus 5:1-12 Lukas 6:20-26
9. Belydenis
10. FokusverseMatteus 5:3, 10 en 12
  
Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens)11.  
  Antwoorddiens 
12. Psalm 139:1,6 en 9
13. Gebed 
Kollekte
14. Psalm 149:1,2 en 4
15. Wegstuurseën