Dawid vrees vir sy lewe…
As gevangene, juis in Gat, waar hy vyand nommer 1 is omdat hy Goliat verslaan het, staar hy die dood in die gesig.
Hy vertrou net op God. In sy vertroue bely hy die oortuiging dat hy nie in die hande van mense is nie. Selfs in doodsgevaar, weet hy dat God altyd in beheer is.
Besef ons nog dat ons ook voortdurend in doodsgevaar is? Dikwels leef ons asof ons nie besef dat die loon van die sonde, die dood is nie…
Net in Jesus Christus is die ware en ewige lewe vir ons ‘n werklikheid!
Paulus bevestig dit vir ons in Rom. 8: 31 “As God vir ons is, wie kan dan teen ons wees?”