Skip to content
Menu

Evangelisasie-aksie

Groep 7: Sosiale Hulpverlening Tshwane.

Soos u weet is een van ons projekte om hulp te verleen aan armes in die Wolmer gebied. Ons doen dit deur middel van ondersteuning aan die Wolmer Gemeenskapsprojek, `n goedgeorganiseerde projek wat uitstekende werk doen.

 

Ons vra asb. dat gemeentelede ons behulpsaam sal wees   met die insameling van die volgende items:

  1. 1.     Goeie   gehalte gebruikte klerasie – vir volwassenes sowel as kinders en babas. 
  2. 2.     Nie-   bederfbare kos : blikkieskos, graankos, pakkies sop, meel, ens. 
  3. 3.     Huishoudelike   gebruiks -items soos skoonmaakmiddels, waspoeier, toiletpapier, ens., ens.

          4.     Plastiekwinkelsakkies   ( Pick&Pay/Checkers tipe sakkies) wat gebruik word om kos in te pak                   wanneer dit onder arm gesinne versprei word

          5.     Plastiekbakkies   (margarine/roomys/jogurt) waarin sop en ander kos gevries kan word voordat                   dit uitgedeel word.

 U kan die goedere kerk toe bring asb. Daar is twee blou houers waarin die plastieksakkies en plastiekhouers geplaas kan word in die saal. Klerasie en ander goedere kan ook in die saal afgegee word.

U hulp in die verband word opreg waardeer.