Die Skriflesing tydens vanoggend 12 Augustus se erediens is 2 Samuel 15:1 tot 14, en 16:5 tot 14 asook Psalm 63 (1933/53vertaling).
Die hoofgedagte is wanneer mense se magsug verdeeldheid saai moet ek as gelowige met
- insig en met
- sekerheid kant kies.
U kan dr Douw se volledige preekskets onder oë kry deur te klik op “Sketse” op ons webwerf se voorblad.
Ons sing vanoggend Lied 251:1 (vooraf); Psalm 90:1 en 9; Psalm 38:1,1 en 17 en Psalm 37:18,20 en 21.
U is soos altyd baie welkom om saam met ons die erediens by te woon ter ere van ons Hemelse Vader en dit doen u deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik