Oppas, selfversekerdheid van gelowiges kan valse idees en afgodsdiens invoer.

March 2, 2024

Summary

Klik hier vir die regstreekse uitsending

Lees: Rigters 17:1-13 & 18:15-20     Sing: Skrifberyming 12-3:1-2; Skrifberyming 12-2:1-5; Psalm 40:3,4; Psalm 100:1-4.

Oppas, selfversekerdheid van gelowiges kan valse idees en afgodsdiens invoer.

Miga sien homself as ‘n gelowige. Hy glo dat die Here hom sal seën oor die moeite wat hy in sy godsdiens doen (Rig.17:13). Hy het ‘n vrees vir vervloeking in God se naam, en ag dit om deur die HERE geseën te word baie belangrik (Rig.17:2).

Terselfdertyd is Miga ‘n dief. Hy steel selfs van sy eie ma en dit in groot hoeveelhede. Duidelik beskou hy dit nie as verkeerd om te vat wat nie aan hom behoort nie. Tog glo Miga in ‘n vorm van ‘n tiende – van alles wat jy kry moet jy ‘n deel aan God teruggee.

God het hierdie gedeelte vir ons in sy Woord laat opteken onder andere dat ook ons kan verstaan wat gebeur in tye van afval – hoe mense wat sê dat hulle gelowiges is, selfversekerd valse idees en afgodsdiens invoer.