Posted by Admin

Die diens word waargeneem deur ds Gerben Meijer op 16 Mei 2020
om 11:00 uur vanuit die Gereformeerde kerk Waterkloofrand.

As gevolg van die huidige pandemie word versoek dat wysheid aan die dag gelê word, deur nie die diens in die kerk by te woon nie, om u self en spesifiek andere te beskerm, bewyse en waarskuwings van verspreiding deur samekomste word aanhoudend deur menigte wetenskaplikes, die regering asook die media verkondig. Slegs genooides kan die diens bywoon.

Die regstreekse uitsending kan hieronder gevolg word of deur op YouTube in te skakel en te soek na GK Waterkloofrand. As alternatief kan u hieronder inskakel.