Posted by Admin

Lees Josua 5:13-6:1 soos hier onder weergegee:

5:13 Josua was naby Jerigo. Toe hy sien, staan daar ‘n man voor hom met ‘n ontblote swaard in die hand. Josua het na hom toe gegaan en hom gevra: “Is u aan ons kant of aan ons vyande s’n.”

14 “Nee,” sê die man, “ek is die aanvoerder van die leër van die Here. Daarom is ek hier.”

Josua het diep gebuig en vir die man gesê: “Wat wil u aan my, u dienaar, sê?”

15 Toe sê die leëraanvoerder van die Here vir Josua: “Trek jou skoene uit, want die plek waarop jy staan, is ‘n gewyde plek.”

Josua het dit gedoen.

6:1 Jerigo was gesluit en verskans teen die Israeliete; niemand het uitgegaan of ingekom nie.

Gee aan die volgende sake aandag:

1.   Wat sou Josua voordat Jerigo tot ‘n val gebring sal word, naby Jerigo (v.13) doen?

2.   Uit vers 14 sou ons kon aflei dat die man wat Josua gesien het, aanvanklik nie soos ‘n bo-natuurlike wese gelyk het nie.  Motiveer uit vers 13.

3.   Waarop sou die feit dui dat hierdie man‘n ontblote swaard in sy hand gehad het?

4.   Josua se vraag impliseer dat die man moet kies tussen twee moontlikhede. Motiveer uit vers 14.

5.   Maak die man volgens vers 14 inderdaad in sy antwoord ‘n keuse tussen die twee vrae?

6.   Die man maak duidelik in wie se diens hy staan.  Motiveer uit vers 15.

7.   Al is dit duidelik dat die man in die Here se diens staan, is dit nog ‘n vraag wie die leër is van wie die man ‘n aanvoerder is. Word die volk Israel hier geskets as die Here se leër (vgl. bv. 1 Sam.17:45) of is die bedoeling datengele (vgl. bv. Ps. 46:12 Ouer Afr. Vertaling)  die Here se leër is?

8.   Die teenwoordigheid beklemtoon volgens vers 14 dat hy gekom het. Dit behoort beslis tot groot versterking vir Josua te dien.  Motiveer.

9.   Ná die aanvoerder se antwoord, het Josua hom dadelik en ondubbelsinnig aan die gesag van hierdie gesant van die Here onderwerp. Motiveer uit vers 14.

10.        Josua kry ‘n ietwat verrassende antwoord op die vraag wat hy volgens vers 14 vra.  Motiveer uit vers 14-15.

11.        Dit is veelseggend dat Josua, wat hom nou in Kanaän bevind, hoor dat die grond waarop hy staan, heiligegrond is. Motiveer.