Posted by Admin

Handelinge 2:37-47

‘Hulle het bly volhard in die leer van die apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede.’

Hart vir God, hart vir mekaar

Ons samelewing is vol van vervreemding. Al is daar nou meer mense op die aarde as ooit tevore, is mense nou meer eensaam as ooit. Word ware kontak met ander gemis. In ons eie omgewinge is dit ‘n realiteit. Wat weet jy byvoorbeeld van jou bure? Die een miskien meer as die ander. Maar grotendeels leef ons bymekaar verby. Met ons hoë mure en hekke, leef ons binne hoorafstand van mekaar, maar sien mekaar nie, praat nie met mekaar nie. Nou is ons ‘n gemeente van Christus in so ‘n samelewing. En ‘n gemeente van Christus word geken as ‘n gemeenskap. Dit sien ons daar in Jerusalem. Een van die eerste dinge wat van die jong gemeente gesê word, is dat hulle ‘n gemeenskap is. Na die uitstorting van die Heilige Gees is dit so. Die beeld van die christelike gemeente: Waaraan word hulle geken? Vier woorde: Onderwys, gemeenskap, maaltye en gebed. Hierdie vier volg nadruklik op dit wat dit voorafgaan. Dit is die bekering, die doop, die belofte van die Gees en die redding uit die verdorwe mensegeslag: Daardeur is daar ‘n hele nuwe gemeenskap moontlik.

Nie gefokus op jouself nie

Dit lyk of daar in Jerusalem ‘n wonder gebeur. Mense wat so gereeld en intens met mekaar omgaan. Die eensgesindheid wat hulle het is ‘n wonder. Dit is werk van die Heilige Gees. Hoe gebeur dit? Hulle volhard in die leer van die apostels. Een ding wat die dissipels geleer het, is om nie ek-gerig te wees nie. Wees gerig op God en mekaar. Christus is daarvan ‘n voorbeeld. Met die voetwassing laat Hy dit vir ons sien. Later nog soveel meer. Hy het sy lewe gegee, al sy liefde, Hy gee vir jou die ewige lewe. Deur Hom leer ons as kerk om nie egosentries te wees nie. Om te breek met die uitgangspunt – Ek voel so. Ek dink dit kan beter in die kerk. Ek is teleurgestel in die meelewing. Dit is almal op jouself gerig. In ‘n warm gemeenskap draai dit om. Dan benader jy dit vanuit God en die ander.

Gefokus op die gemeenskap

Die gemeente het volhard in die verbondenheid aan mekaar. Om daarin te volhard beteken dat jy daarmee verder gaan, nie ophou nie. Ook nie as die omstandighede uitdagende of moeilik word nie. Dit is alles werk van die Gees. Dit is koinoinia. Op meer plekke in die Bybel word hierop gefokus. Ons moet verbind wees in eensgesindheid met die gesindheid van Christus.

Met woorde en dade 

As jy hart vir God het sal jy dit ook vir mekaar hê. Dit moet sigbaar wees in woord en daad. Dit is prakties. Ken mekaar. Het mekaar lief. Dien die Here en dien mekaar. Bemoedig waar nodig.

Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com